Stephen & Anneli – A magical,misty and rainy Hogsback wedding
Soms werk als net perfek uit, en hierdie troue was een van daai perfekte troues, al was alles so bietjie anders. Eerstens het Anneli en Stephen in die middel van die week afgehak, tweedens het hulle in dieselfde vertrek gereed gemaak, derdens was daar net 14 gaste op die troue, insluitende ek en Marius en sy boet Wayne en laastens het dit gereen en was dit erg mistig.
Hogsback on a sunny day is absolutely beautiful, but add rain and mist and it transforms into a fairy wonderland. Hogsback felt magical and so romantic – we could not have asked for better weather! Hogsback is situated 264 km from Port Elizabeth and 138 km from East London and really an ideal wedding destination.
Ons het Annelie en Stephen die Dinsdag voor hul troue ontmoet toe ons oppad terug was van ons eerste KIKI ontmoeting in Grahamstad, en die besies het omtrent gesing, nooit sou ons kon dink dat dit die volgende dag koud en reenerig sou wees.
The couples wedding Ceremony was at the historic Hogsback St Patrick’s Church. It was a beautiful and intimate affair with lots of laughter and emotional moments. Even though the church was not full, the love in that church was tangible.
Na die seremonie het ons saam met die paartjie in Hogsback se strate gaan wandel, die reen het nogsteeds in verskillende grade neergeval maar dit het die paartjie min gepla. Hulle het nie eenmaal gekla omdat hulle nat of koud was nie, ek dink hul liefde vir mekaar het hulle warm gehou!
Anneli en Stephen, dit was opreg ‘n eer en ‘n voorreg om deel te wees van julle baie spesiale en intieme dag. Baie dankie dat julle ons gekies het om julle dag vas te vang! Ons wens julle net geluk en liefde toe vir julle toekoms saam.








































