Talitha het gister verjaar en onder die voorwendsel van ‘n verjaarsdag verrassing het Jaco niks in sy pad laat staan om die perfekte verlowing te beplan nie. Helikopter rit na die plaas, groot uitgepakte kliphart wat die landingsplek aandui, David wat wat haar ontvang het, fakkels en rose wat die pad aanwys, musikante wat agtergrondmusiek verskaf, ‘n verrassingsete op die eiland en bowenal die mooiste verloofring, het alles deel uitgemaak van hierdie baken in hul lewe saam.
Baie geluk Jaco en Talitha!