Hierdie naweek het ons nie net die voorreg gehad om ‘n pragtige paartjie se droom troue vas te vang nie, maar ons was ook deel van ‘n nuwe venue se heel eerste troue! Watter pragtige venue is dit nie – als is uit die boonste rakke! Baie geluk aan Petrusa en haar wenspan op ‘n baie suksesvolle eerste troue! Gaan besoek gerus hul webwerf hier om meer uit te vind hoe om jou troue daar te bespreek: www.andantevenue.co.za
Nieke en Wessels – jul was voorwaar ‘n droom paartjie om mee saam te werk, jul is pragmense met jul voete plat op die aarde. Geen fieterjasies mense. Jul kinders (hul is albei onderwysers) is bevoorreg om onnies soos julle te he.
Nieke het asemrowend gelyk in haar Johan Wolmarans skepping wat haar lyfie soos ‘n handskoen gepas het. Johan was daar tot Nieke in die kerk ingestap het om te verseker dat sy op haar beste lyk.
Hier is ‘n handjievol van ons gunstelinge vir die dag!
[…] Nieke & Wessels – Andantè wedding & conference venue: Hierdie naweek het ons nie net die voorreg gehad om ‘n pragtige paartjie se droom troue vas te vang nie, maar ons was ook deel van ‘n nuwe venue se heel eerste troue! Watter pragtige venue is dit nie – als is uit die boonste rakke! Baie geluk aan Petrusa en haar wenspan op ‘n […] Source: FullCircle Photography | Port Elizabeth and Garden Route wedding photographers. […]